News

Konfrontasie dreig by skool tussen ouers en stakers

Konfrontasie dreig by HTS Middelburg nadat werkers van die skool wat al vir maande staak, vanoggend deur EFF lede ondersteun is.

Ouers en selfs personeellede is verhinder om met hulle voertuie by die skool se hekke in te ry en kinders is getraumatiseer deur die singende en dansende groep.

Ouers het by die Middelburg Observer se kantore opgedaag en die koerant ook gebel om hulle woede uit te spreek omdat hulle kinders se skooldae ontwrig word.

SAPD op die toneel.

’n Ouer het ’n beroep gedoen op mans om na die skool op te ruk, terwyl daar in Van Blerkplein ’n man is wat mense opsweep “om nader te staan”. Dit blyk ’n lid van die EFF te wees.

Die hoof van HTS Middelburg, mnr. Hoppie van Jaarsveldt, het by navraag gesê dit is ’n saak vir die polisie en hy kan nie kommentaar lewer nie.

Intussen het ’n groot groep polisielede by die skool opgedaag.

Werkers en EFF-lede blok die ingang.
@middelburgobserver

HTS Middelburg labour strike gets heated as EFF shows up

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button