Gerhard Wessels sê hy was wakker en het duidelik die skote gehoor.
“Dit was beslis nie ’n voertuig nie. Ons is in Helen Josephstraat en daar is sowat agt skote geskiet. Dit het geklink soos ’n 9mm pistool.”
Hy sê dit was net een wapen se klank wat hy gehoor het.
As hy moet skat, was dit sowat drie strate bokant Helen Josephstraat, in Loskopdam se rigting.
• Op hierdie tydstip is dit onseker wie die wapen afgevuur het en daar het nog nie ander mense na vore gekom wat ook die skote gehoor het nie.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
