News
Spontane Hennie oorlede na kort siekbed
Hennie van der Walt (59), die man wat almal se dag opgehelder het met sy kwinkslae, is gisteroggend (Woensdag) weens hartversaking oorlede.
Sy vrou, Rose, sê hy het nog gewerk tot sowat drie weke gelede toe hy skielik siek geword het.
Rose het haar man beskryf as “’n spontane mens wat altyd gereed was met ’n grappie.”
Hy het die afgelope 15 jaar as trokdrywer gewerk by Porta Verspreiders.
Hennie word oorleef deur Rose, vyf kinders en twee stiefkinders.
Die begranfis is Woensdag om 11:00 uit die NG Kerk, Kanonkop gemeente.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
