News

Interdik teen stakers wat skool ontwrig

Vrese dat staking HTS se matriek eindeksamen kan ontwrig. skool nader hof vir interdik

HTS Middelburg het die skool se regsverteenwoordiger opdrag gegee om ’n interdik teen werkers te bekom wat al vir maande staak.

Die wettige staking sleep al sedert Julie vanjaar voort.

Die staking het Woensdag ’n wending geneem toe die EFF mense in die dorp bymekaar gemaak het om skoolaktiwiteite te ontwrig.

Leerlinge is aanvanklik by die hekke voorgekeer en later is voertuie verhinder om by die hekke in te ry.

’n Ouer wat sy dogter gaan aflaai het, het een van die stakers skrams met sy spieëltjie getref, wat verdere geweld tot gevolg gehad het toe hulle by sy besigheid oproerig geraak het.

Sy bakkie is beskadig en hy is gedwing om die man wat hy getref het hospitaal toe te neem, waar bevind is dat hy nie enige beserings opgedoen het nie.

Daar is gevrees dat geweld tussen ouers en stakers kon uitbreek, toe daar op ’n veiligheidsgroep gevra is dat elke beskikbare man na die skool moes opruk.

Verskeie ouers het die Middelburg Observer geskakel om hulle kommer uit te spreek oor die matriek eindeksamen wat eersdaags begin.

“Dit kan nie toegelaat word dat matrikulante na 12 jaar se harde werk voor ’n vraestel getraumatiseer word nie,” is aan die koerant gesê.

Daar is gesê dat die Mpumalanga Departement van Onderwys moes ingryp om die situasie te ontlont.

Stakers het ingestem om terug te keer werk toe, en ’n memorandum met eise is aan die skool oorhandig.

Werkers soek onder meer byvoordele op hul salarisse.

Daar is ingestem dat onderhandelinge voortgesit word met die ses stakende werkers watWoensdag terug gekeer het.

Die onderhandelinge het egter misluk en ’n ooreenkoms is nie bereik nie.

Volgens ’n brief wat deur die skool aan ouers gestuur is, skryf die hoof, mnr. Hoppie van Jaarsveldt, dat die staking onbepaald kan voortduur weens onderhandelinge wat gestaak is.

Volgens die brief het stakers die regulasies van die hofbevel oortree, deur nie in die aangewysde area te betoog nie.

“Die skool se regsverteenwoordiger is besig om ’n interdikaansoek na die Hooggeregshof voor te berei, om te verseker dat die skool se werksaamhede en die eksamen nie ontwrig word nie,” lui die skrywe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button