News

Seuns op Sondag fietsrit aangerand, van fietse beroof

Twee seuns is Sondag by die Tarries-fietsrybaan in Aerorand aangerand en van hulle fietse beroof.

’n Woendende me. Luzelle Jansen van Vuuren sê dat haar 13-jarige seun saam sy 19-jarige boetie by die baan gaan fietsry het.
“Hulle ry feitlik elke Sondag fiets op die baan,” vertel me. Jansen van Vuuren.

Haar ouer seun het vooruit gery, maar by ’n bruggie op die baan gestop en vir sy broer gewag.
Toe die jonger broer opdaag, en die ouer seun omdraai om verder te ry, was daar skielik drie mans voor hulle.

Die 19-jarige is twee maal hard in die gesig geslaan, terwyl een van die rowers sy jonger boetie in die maag van sy fiets af geskop het.
Die seuns het toe paniekbevange hul fietse aan die drie rowers oorhandig wat daarmee vort is.

Die roof het omstreeks 14:30 plaasgevind.

Die BMX wat gesteel was.
Die Raleigh bergfiets wat gesteel was.

Me. Jansen van Rensburg sê dat haar jongste so deur die voorval getraumatiseer is, dat hy nie sy skooldag kon voltooi nie.

“Hoe besweer mens ’n kind se vrese en verduidelik vir hom dat nie almal gewelddadig is, of steel nie,” het me. Jansen van Rensburg moedeloos gesê.
Sy verkies om haar seuns anoniem te hou.

Boonop is dit nou vyf fietse wat die afgelope tien maande by die gesin gesteel is.

In Junie, kort voor die skoolvakansie, is haar oudste se fiets voor Toys & Things gesteel, waar dit by die deur geparkeer was.
Die rowers het Sondag tussen bosse geskuil waar me. Jansen van Vuuren glo, hulle gesit en wag het vir maklike teikens.

“Die fietse is met geweld by my kinders gesteel, hulle is nêrens meer veilig nie,” sê sy.

Syself sukkel nou om die seuns met ’n rustige gemoed uit die huis te laat gaan.

“Mens voel so magteloos, die land is ’n misdaadparadys en die weerloses word geteiken.”

Die fietse moet nou weer ten duurste vervang word met die Raleigh bergfiets wat R1 800 gekos het, en die jongste se Mongoose BMX wat die gesin R2 500 uit die sak gejaag het.

“Ek voel nie eens lus om die saak te gaan aanmeld nie, want wat gaan die polisie tog doen?” vlam die moedeloosheid weer op.

Me. Jansen van Vuuren vra dat inwoners wat die fietse sien, om haar asseblief te skakel by 081 737 8540.
Sy waarsku ander ouers en veral vroue fietsryers om liefs die fietsrybaan in groepe te besoek.

“Dis duidelik dat kriminele die baan oorgeneem het,” waarsku sy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button