News

Kyk, die eik is gespaar

Inwoners van Van der Merwestraat (Clubville) was gistermiddag boos toe hulle sien dat reuse ou eikebome gesny word.

Daar is aangeneem dat dit heeltemal afgekap word.

Rdl. Elsie Vermooten is ook uit na die area waar die bome gesny is en het met die werkers wat dit gedoen het gepraat.

Met nadere ondersoek is gevind dat die bome egter terug gesnoei en groot takke afgesaag is, omdat dit skade berokken het aan die eienaar se perseel.
Die bome is beslis nie heeltemal afgesaag nie.

’n Groot tak wat afgesaag en op die hoek neergesit is, kon dalk die gedagte gegee het dat dit ’n boom was wat heeltemal afgesaag is.

• Dit is ’n Australiese Silwer-eik.

Ons dorp se Bonsai-man en ook kenner van bome, Daandré Jansen van Vuuren, sê dit is ’n uitheemse Sykomoor of Botaniese nommer X347, Grevilla Robusta boom. In Engels die “Australian Silky”.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button