News

Mike Bolhuis se span help soek na Anelia

Die bekende privaat speurder, Mike Bolhuis en sy span, help nou soek na die vermiste Anelia Lubbe.

Anelia, ’n oud-Middelburger, het op 13 Oktober vanaf die dorpie Dominionville (Noordwes) verdwyn.

Vrou wat weg was is gekry

Mike, van die SSS (Specialised Security Services) Kuber Taakspan, het vanoggend bevestig dat hulle gaan help soek na Anelia.

Hy het gesê dat Anelia se stiefpa, Hannes Bester, op die veterane spesiale magte groepe (soos die valskermspringers waarvan Hannes deel was) die boodskap geplaas het dat sy verdwyn het.

Een van hul lede het vir Mike, wat die administrasie van al die groepe hanteer, gesê dat die familie hulp benodig.

Die vermiste persoon plakkaat wat Anelia Lubbe se familie oral versprei.

“Die familie het ons aangestel en my hoof ondersoekbeampte, Odette van Staden, sal self die ondersoek hanteer.”

• Anelia het ’n litteken op haar lip wat persone gewoonlik het wat ’n gesplete verhemelte met geboorte gehad het.

Sy het bruin en grys hare, haar voorste tande is uit, daar is twee tatoeërmerke van dolfyne weerskante van haar naeltjie en daar is ’n tatoeërmerk van ’n draak op haar regterblad.

As enige persoon die ondersoekspan kan help met inligting, bel Odette by 064 700 3023.

• Odette het reeds by die polisie navraag gedoen vir ’n vermiste persoon saaknommer, aangesien die familie nog nie ’n saaknommer gekry het nie.

Lees ook:

Familie rasend van bekommernis na vrou verdwyn

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button