News
Straatrowers pluk weer deure oop
Motoriste word gewaarsku dat straatrowers weer besig is om deure oop te pluk.
Volgens ’n waarskuwingsboodskap wat tans op sosiale media versprei word, staan die rowers by die verkeerslig op die hoek van Walter Sisulu- en Bhimy Damanestraat.
• Die vooval volg kort op die hakke van ’n soortgelyke geval wat op 13 Oktober plaasgevind het, toe twee verdagte mans ’n vroulike motoris se kardeure oopgepluk het op die hoek van Cowen Ntuli- en Verdoornstraat.
’n Ander motoris wat die voorval aanskou het kon egter daarin slaag om die rowers af te skrik toe hy sy toeter blaas.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
