News
SAVF Tehuis hou basaar!
Die gewilde SAVF Tehuis basaar word vandag (Vrydag) vanaf 12:00-19:00 by die Izak Badenhorstsaal aangebied.

Tehuisbestuurder, Bernice du Plessis, sê buiten al die basaarlekkertes soos pannekoek en vetkoek, sal daar allerlei ander tafels en ook privaat stalletjies wees.
Hul naaldwerktafel is elke jaar ’n wenner met van hul oulike skapies (wat spog met geboortesertifikate) tot tafellappies en ander diere.
By die teetuin kan almal ’n lafenis gaan geniet en tot laat saamkuier.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.