News

Optog deur dorp om Bokke te ondersteun

Optog deur dorp wys almal is reg vir Bok-wedstryd vanaand.

Trade Well Trading 01 (PTY Ltd het vanoggend hul steun aan die Bokke gewys deur met trokke en ander voertuie in ‘n konvooi deur die dorp te ry.

Hul toeters en musiek is van Dennesig tot in Aeorand gehoor en het mense oral vir hulle gewaai en ook toeter geblaas om hul ondersteuning te wys.

Die besigheid bedank graag die verkeersdepartement wat hulle goedgunstiglik deur die dorp begelei het.

Talita Barwise het die video en Miemie Smit die foto’s geneem en beskikbaar gestel vir publikasie.

Die optog kon van ver af gesien en gehoor word.
Hulle het met verskeie van die besigheid se voertuie deur die dorp gery.
Die optog van agter gesien toe hulle vanaf Dennesig se kant af op die N11 (Loskoppad) in die dorp se rigting gery het.
Die span agterop ‘n bakkie, bo op ‘n trok, waai vir almal.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button