News

Dik rookwolke laat inwoners vir ergste vrees

Motoriste wat verby die kompleks gery het, het gesien hoe borrel dik rookwolke by een van die woonstelle uit.

Inwoners van Aerorand was gistermiddag in rep en roer omdat ’n wooneenheid by die Damsig-woonstekompleks “aan die brand was”.

Omdat daar nie toegang was tot die kompleks nie en die eenheid waar daar rook uitgeborrel het se deure en vensters dig toe was, is gevrees vir die bewoners se veiligheid.

Die brandweer is gekontak en die opsigter het gaan ondersoek instel.

Die dik swart rookwolke het inwoners oortuig dat die woonstel aan die brand is.

Almal was verstom toe hulle uiteindelik die oorsaak van die rookwolke opspoor: ’n seun wat besig was om sy ou skoolboeke te verbrand!
Hy en sy ouers is betig en hy het die brand gestaak.

Dit moes ’n erge jaar vir die leerling gewees het om so gou sy boeke in vlamme te laat opgaan, want die matriekeksamen het maar eers hierdie week begin.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button