News
Versier jou fiets vir Care Village
Die Middelburg Fietsryklub hou weer sy jaarlikse Liggie Ride ten bate van Middelburg Care Village.
Inwoners kan deelneem aan die rit wat bestaan uit 30 kilometer deur die dorp.
Die Liggie Ride vind plaas op 23 November en fietsryers sal om 19:00 by B² Cycleworks (1 OR Tambostraat) wegspring.
Die rit is maklik genoeg vir die hele gesin om deel te neem.
Inwoners word aangemoedig om hulle fietse met kersliggies te versier en donasies saam te neem.
Daar is ’n prys vir die mooiste fiets.
@middelburgobserver Care Village Liggie Ride Decorate your bicycle and join in on this year’s Liggie Ride in benefit of Crae Village #lights #Care #christmaslights #carevillage
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
