News

Boef klap karhandelaar, vlug met R199 999 bakkie

Die dief het volgens Select Cars die verkoopsman te lyf gegaan.

’n Boef het gedink hy gaan skotvry met ’n gesteelde silwer dubbelkajuit Ford Ranger wegkom, maar moes noodgedwonge die voertuig langs die pad los en vlug, nadat die diefstal soos ’n veldbrand op plaaslike WhatsApp-veiligheidsgroepe versprei het.

Die voertuig is vroeër vanmore, kort na 11:00 by Select Cars & Autostyling in Weeberstraat gesteel.

Kort na die diefstal is inligting uitgegee dat die voertuig op die N11, Hendrinapd, gewaar is.
Volgens die betrokke WhatsApp was die voertuig vandaar onderweg na eMalahleni op die N4.

Kort daarna het die foto van die bakkie, met die prys van R199 999 nog op die windskerm, op ander veiligheidsgroepe die rondte begin doen.
Die voertuig is intussen terug gevind, in Mandelarylaan digby Mhluzi.

Die voertuig is met sy prys nog op die windskerm gesteel.

Volgens Select Cars het ’n man by die handelaarskap opgedaag en na die voertuig gekyk.
Die sleutels is deur ’n verkoopsman gaan haal sodat die voertuig binne ook deur die moontlike koper deurgekyk kon word.

Die man het egter volgens Select Cars die verkoopsman te lyf gegaan.

Die verkoopsman is verskeie maal geslaan, in ’n poging om die sleutels van hom af te neem.
Met die sleutels in die hand het die kardief toe laat spaander.

Die nuus van die aanranding en diefstal is hierna op verskeie veiligheidsgroepe geplaas.

Na wat verneem word was die voertuig wel op die N11, maar het by Mandelalaan afgedraai waar dit rondom die dorp tot digby Mhluzi gejaag is.
Daar is dit langs die pad gelos en terug gevind.

Select Cars sê die boef was vriendelik genoeg om die bakkie te sluit voordat hy die vlaktes in gevlug het.

Die bakkie is onbeskadig en die polisie ondersoek ’n saak van voertuigdiefstal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button