News

Slang se eienaar gekry

Die slang wat Saterdag in Emily Hobhousestraat (Dennesig) gevang is, is ’n troetelslang.

Daar is op een van die noodgroepe ’n foto van die slang geplaas en gevra of iemand ’n slang vermis.

René van der Westhuizen sê haar man, Wimpie, is deur ’n tuinier by een van die naburige huise genader nadat hy die slang in die tuin gevang het.
Wimpie het gaan kyk en gesien dat dit beslis ’n troetelslang is wat iewers uitgekom het.

Kort nadat hy die slang gevang het, het die tuinier vir hom vertel dat hy werk by mense net hoër op in die straat wat slange aanhou en hy wonder of een van hulle nie uitgekom het nie.

Hulle het die persoon gekontak en hy het bevestig dat een van hul troetelslange uitgekom het. Die slang is kort daarna aan hom terugbesorg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button