News
Inbrekers gebruik koevoete en boutsnyers
Inbrekers se visier was die naweek op Kanonkop en daar is by twee huise op soortgelyke wyse ingebreek.
In albei gevalle in Tulip- en Oleanderstraat het die groep die diefwering oopgesny met boutsnyers en ingeklim om elektroniese ware te steel.
By Oleanderstraat is die houtdeur by die binnehof wat lei na die motorhuis ook oopgebreek en duisende rande se artikels uit die motorhuis gesteel.
Dit is duidelik dat boutsnyers en koevoete gebruik word, want die booswigte het tydens die inbraak in Oleanderstraat hul boutsnyers en koevoete agtergelaat.
Albei gesinne was tuis en sê dat hulle niks gehoor het nie.
• Lees in opvolgberigte presies hoe die groep te werk gegaan het en hoeveel skade die slagoffers gely het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
