News
NG Kanonkop hou basaar
Die NG Kerk, Kanonkop gemeente, hou op 25 November sy jaarlikse basaar en nooi privaat uitstallers om van hulle te laat hoor.
Hulle gaan self die eet- en drinkgoed, asook die Wit Olifanttafel hanteer, maar sê daar is meer as genoeg plek vir ander uitstallers om hul interessante ware te kom uitstal. Stalletjies beloop R300.
As jy nog nie jou kersgeskenke gekoop het nie, is dié basaar beslis die plek om te wees waar daar tot laatmiddag saamgekuier gaan word.
Vir stalletjie besprekings en navrae, bel Magda Wessels by 072 640 0064.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
