News

Skoonhede ondersteun pleegkinders

Al die titelhouers van die verskillende kompetisies van die mev. en mej. Middelburg en Witbank is besig om geskenkbokse op te maak vir die kerspartytjie vir 110 pleegkinders van die SAVF Maatskaplike Dienste.

Die kerspartytjie is op 25 November by die Izak Badenhorstsaal.

Die organiseerder van die mev. en mej. kompetisies, Andries du Preez, sê hy en die meisies en vroue het reeds begin om die geskenkbokse op te maak. Hyself sal 10 bokse opmaak en skenk vir die partytjie.

“Al die wenners van die mev. en mej. Middelburg en Witbank, Nkangala, Mpumalanga en MWI, asook hul families en vriende is druk besig met hul bokse.”

Rozllin Cousins (Almal Help Almal Vlerke-organisasie) en Thapelo Semono (SAVF Maatskaplike Dienste) is op hul beurt besig om eet- en drinkgoed, asook ekstra geskenkies vir die pleegkinders bymekaar te maak.

“Ons beoog om warmbrakke en kerrie en rys vir die kinders te bedien en ook ’n stalletjie te bedryf wat dit verkoop om fondse te in vir ons projekte. Ons sou ook graag vir elkeen ’n pakkie lekkers, koeldrank en skyfies wou gee.”

Die kinders se ouderdomme wissel van pasgebore tot 18 jaar en die skoendose wat die skoonhede maak, gaan gevul wees met van badbenodigdhede tot skryfbehoeftes en ’n speelding vir die kleiner kinders.

Van die titelhouers het ook aangebied om die dag saam met die kinders by die partytjie te kuier.

Thapelo sê baie van die pleegouers kan nie bekostig om vir die kinders kersgeskenke te koop nie en het hulle daarom besluit om ’n kerspartytjie te hou.

Persone wat nog bydraes wil lewer vir die kerspartytjie, soos wors, broodjies, maalvleis, koeldrank en ander lekkernye, kan Rozllin bel by 076 966 9682.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button