News

Francois was ’n pluimbal legende

Die dorp is die afgelope week in rou gedompel met die afsterwe van verskeie bekende inwoners waaronder die pluimbal legende Francois van Wyk, prokureur Danie Koekemoer, asook oud makelaar en onderwyser Ian Brits.

“Verlede Saterdagoggend het ons ’n groot legende van Middelburg gegroet – Francois van Wyk. Hy was aan baie mense bekend in Middelburg alhoewel hy in Stoffberg gewoon het. Ons sal hom altyd onthou vir sy goeie sin vir humor en sy kwinkslae wat hy kwyt geraak het,” het sy familie geskryf.

“Sy liefde vir sy gesin, veral sy kinders, het uitgestaan.

“Buiten sy liefde vir sy gesin het hy ook ’n groot liefde vir pluimbal gehad. Hy het van sy Tukkie dae af pluimbal gespeel.

Sy vaardighede op die pluimbalbaan en sy sterk leiereienskappe het die sport vir baie jare gedien. Dit het die platteland, Witbank en Middelburg ingesluit, tot groot hoogtes geneem.

Hy het die destydse Suidoos-Transvaal wat later Mpumalanga geword het verteenwoordig. Hy was vir baie jare die nommer een speler in Mpumulanga en het die provinsie as senior en veteraan by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe verteenwoordig.

“Weens gesondheidsredes moes hy die sport vaarwel roep in 2012 maar het elke jaar nog gesorg dat daar ’n reünie gehou word sodat al die ouer garde sosiaal kon verkeer.

“Hy laat sy vrou Alta, kinders Jandré, Werner, Francois, Eduan, Marnel en skoondogters Werinda en Susan agter. Sy heengaan laat ’n groot leemte in baie van ons se lewens.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button