News

Bejaardes drie keer deur koperdief geteiken

Waardevolle gereedskap, koperpype, alarm ogies en elektriese kabels is in drie strooptogte by 'n huis in Koetsstraat gesteel.

Flip en Marie Grobbelaar sê dit gaan al vir meer as ‘n jaar lank so.

Die egpaar is gistermiddag weér vir die derde keer hierdie week getref terwyl Marie in Pretoria ‘n spesialis besoek het.

Flip vertel dat hulle om 14:00 by die huis gestop het toe hy sien dat die slot op die hekmotor weg is.
Toe hulle intrek staan ‘n Alzu voersak teen sy motorhuis.

Flip het ‘n geluid gehoor en toe hy om die huis se hoek kom, het hy gesien hoe die verdagte oor hulle palissades spring. Hy het reeds ‘n kas vol koperpyp koppelings oor die palissades gegooi.

Die dief het straataf gevlug.

Met nadere ondersoek het hy gevind dat die slotte op sy motorhuis oopgebreek is, en dat baie van sy elektriese gereedskap fort is. Vyf alarm ogies en elektriese drade is ook sumier uit die grond uit getrek.

Die gereedskap sluit in, ‘n elektriese sirkelsaag, elektriese skaaf, ‘n battery-gedrewe boor, houtbeitels, ‘n skrynwerker klouhamer, ‘n sokstel, skroewedraaiers en ‘n waterpomp tang.

“Hulle het voorheen meer as R24 000 se elektriese gereedskap ook gesteel,” het Flip gesê.

Die egpaar is Sondagaand die eerste keer getref, toe iemand ‘n klomp koperpype gesteel het en die egpaar sonder water gelos het.

Die versekering het die pype laat vervang, maar daar is Dinsdag helder oor dag weer ingebreek, en die nuwe koperpype gesteel.

“Wat vir my vreemd is, is dat ons onlangs vir twee maande in die Kaap was, en toe is dit doodstil. Nou dat ons by die huis is, breek hulle so gereeld in,” het Marie gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button