News

Rivierstraat erf word dam na Woensdagmiddag wolkbreek

Verstopte stromwaterdreine op die straathoeke in Rivierstraat vererger net die probleem. 

Die Van Aswegen gesin van Rivierstraat is raadop.

Elke keer as die hemele oopmaak, verspoel hulle erf.

Daar was vantevore nooit ‘n probleem nie, maar met die onlangse vervanging van die asbes waterpype buite hul erf, waar die munisipaliteit ‘n konkruit laag oor die sloot geggooi het, spuit die water ondergronds by die konkruitlaag uit sodra die hemelse sluise oopmaak.

Met gistermiddag se wolkbreek het die water egter soos ‘n rivier by hul Rivierstraat erf ingestroom.

‘n Video wat deur Tom en Yvonne van Aswegen se dogter Adri, wat in ‘n woonstel op haar ouers se erf woon, geneem is, kan gesien word hoe die water in die erf opdam.

Wat die video egter nie wys nie is dat die water later so gestyg het dat Adri se woonstel oorstroom is.

Die betonmure tussen hulle en die bure het wel dreineringsgate in, maar dit was onvoldoende om die volume water wat die erf in gestroom het, te dreineer.

Verstopte stormwaterdreine op die straathoeke in Rivierstraat vererger net die probleem.

Vandag moes Tom loop en skoonmaak.

Van plastieksakke tot gebruikte kondome het die tuin bevuil.

Tom se seun, Jaco, bly ook langs hulle in ‘n huurhuis, en daar gaan dinge net so sleg.

Die munisipaliteit moes al slote grawe in Jaco se erf weens die water wat so opdam, en dan na sy ouerhuis stroom, van waar die rivier weer sy weg maak na die bure aan die onderkant.

“Die munisipaliteit moet nou ‘n plan maak,” dring die Van Aswegens aan.

@middelburgobserver

Rivier Street residents wash away after yesterday’s downpour. #Middellburg #rain #flood

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button