Minstens twee mense is met skerp lemme in die gesig beroof in die sentrale sakekern.
Waarskuwings op WhatsApp groepe wys vinger na veral Walter Sisulustraat in die dorp, waar grypdiewe inwoners, en reisigers, by verkeersligte beroof.
Hulle is gewapen met messe.
Hulle gebruik ook skroewedraaiers of enige harde voorwerp om voertuigruite te breek.
‘n Inwoner waarsku dat twee voertuie agter haar geteiken is op die N11, maar in die besige deel van die dorp, rondom die KFC wegneem restaurant.
Hulle gryp selfone, handsakke of enige iets van waarde.
Daarna smelt hulle maklik tussen voetgangers in, of vlug Irak taxi-staanplek se rigting in.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
