Kersvaders vaar die strate in met fietse
’n Kleur bonanza! Dit is al hoe mens vanjaar se “Liggie Ride” welwillendheidsheid fietsrit kan opsom.
Die jaarlikse rit deur die dorp se strate is ten bate van die Middelburg Care Village en het ’n rekord 200 plus fietsryers getrek. Jonk en oud, en selfs ’n paar tandem fietse, het aan die 30km liggie-rit deelgeneem.

Fietsryers het in hul massas by Hoërdkool Middelburg saamgedrom waar die rit met begeleiding van die plaaslike verkeersdepartement om 19:00 afgeskop het.
Vandaar is die massa fietsryers na die Middelburg Care Village waar geskenke en lekkergoed vir die kinders onder die Care Village se sorg, afgelaai is.

Die fietsryers het daarna ’n roete gevolg deur Gholfsig, Kanonkop, Dennesig, Sentraal, Suid en eindelaaste terug na Hoërskool Middelburg waar die skouspel omstreeks 21:15 geëindig het.
Omdat die roete vooraf op die Middelburg Observer se netwerke gepubliseer is, het talle inwoners in die strate gestaan om na die skouspel te kyk.

Nie eers die donker strate met beurtkrag wat om 21:00 ingeskop het, kon Jaap Beyers en sy span organiseerders van stryk bring nie.
Fietsryers het entoesiasties deelgeneem en selfs kersbome op hul valhelms gemonteer.
@middelburgobserver The annual Middelburg Care Village Liggie Ride was another shining success this year! #lights #lightfestival #cycleride #middelburg #cycling #ride
Verskeie kersvaders het ook aan die rit deelgeneem.
Die Middelburg Fietsryklub bedank die gemeenskap vir die ongelooflike ondesteuning.







