KYK: Botshabelo is Sondag op Kwêla
Botshabelo was een van Suid-Afrika se grootste internasionale toeriste-aantreklikhede, maar vandag is daar feitlik niks oor van die eens selfonderhoudende Berlynse sendingdorpie nie.
Die geskiedkundige dorpie is omring deur ’n natuurreservaat, en die grond is amptelik in 2005 aan sowat 1000 gesinne in ’n suksesvollle grondeis uit die munisipaliteit se hande geneem, wat in die laat 1970’s te danke aan druk van wyle parlementslid Pikkie Coetzee, eienaarskap van Botshabelo by die Berlynse Sendinggenootskap oorgeneem het.
Onder die munisipaliteit het die Plek van Toevlug floreer, met tot 2000 buitelandse toeriste wat Botshabelo in busvragte besoek het.
Daar was ’n restaurant en reuse karavaanpark, en Botshabelo se kerk wat in die 1860’s gebou is, is steeds een van die land se mooistes.
@middelburgobserver A trailer for this Sunday’s episode of Kwêla, which focuses on the sad state of Botshabelo. The Middelburg Observer’s own Tobie van den Bergh is set to make a guest appearance, so tune in on KykNet this Sunday at 19:00! #history #kyknet #middelburg #southafrica
Fort Merensky is jare terug ook reeds as nasionale monument verklaar, maar sedert die oorname van eisers, waaronder die huidige adjunminister van verdediging, die agbare Thabang Makwetla, is selfs die fort gevandaliseer.
Die regering kan dus nie sê hy is nie bewus van die verwoesting op Botshabelo nie.
Botshabelo se hartseer verhaal van verval, wat selfs daartoe gelei het dat die wêreldberoemde Ndebele vroue, waaronder die befaamde Esther Mahlangu, sak en pak uit hul nedersetting getrek het, kom Sondag onder kykNET Kwêla se soeklig.
Die Ndebele nedersetting is intussen ook deur ’n brand verswelg.
Die Homebrew produksiespan, vergesel deur aanbieder Pieter Koen, het onder meer onderhoude met “moedertjie-Botshabelo” die voormalige kurator Jeanette Fraser, en die Middelburg Observer redakteur Tobie van den Bergh gevoer.
Die insetsel sal eerskomende Sondag (26 November 2023) om 19:00 op kykNET kanaal 144 uitgesaai word.
Maak seker jy mis dit nie.
