News

’n Saluut vir ontslape Majoor Gawie Koekemoer

Weermagveteraan se afdraendepad na Covid...

“Hy was liefde,” sê Marlene Koekemoer van haar oorlede man Gawie, ’n Majoor in die weermag wat jarelank op 4 SAI gestasioneer is, en op 17 November vanjaar oorlede is na ’n lang siekbed.

Soldate het Woensdag erewag vir die ontslape Majoor gestaan tydens ’n hartroerende roudiens op die basis.

Hy was 36-jaar lank verbonde aan die SA Nasionale Weermag in verskillende hoedanighede, onder meer opleiding.

’n Hartseer Marlene sê dat Majoor Koekemoer grootgeword het op Waterval Boven, en sy weermag opleiding by die 1 SAI weermaginfanterie op Bloemfontein ondergaan het, voordat die Koekemoers in 1999 Middelburg toe verhuis het.

Marlene sê Gawie was ongeveer ’n jaarlank siek, nadat sy gesondheid agteruit begin gaan het weens Covid.

In Meiemaand het hy ’n ernstige terugslag gehad met twee hartaanvalle kort na mekaar.

Vroeër die maand het lewerversaking sy gesondheid negatief begin aantas waarna hy ook vog op die longe opgedoen het.

Sy niere het ook begin ingee voor sy afsterwe.

’n Roudiens is ook vandag, om 11:00 vanuit die Hervormde Kerk Moedergemeente gehou.

Majoor Koekemoer het gereeld langs die viswaters uitgespan saam met sy gesin, en was ook ’n kranige jagter.

Hy laat sy vrou Marlene, seun Ambo (23), dogter Mekyla (20), broer Martin en susters Lollie en Corrie agter.

“Ons salueer hom vir die liefde waarmee hy ons as gesin oorlaai het, ons gaan hom oneindig mis,” sê Marlene.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button