News

’n ‘Paw Patrol’ roudiens vir Rayden

Terwyl Kristina Jansen van Rensburg ’n Paw Patrol hondjie-teddie vasklem, skiet haar oë vol trane.

Daar is ’n goeie rede waarom Kristina huil; ’n barmhartige samaritaan het ’n beertjie, tafeldoek en balonne geskenk vir haar seuntjie Rayden Rafferty se roudiens.
Die teddie gaan in Rayden se kissie geplaas word.

Kristina vat die hele tyd aan die Paw Patrol kepsie wat aan die lussie van haar denim hang.
“Hy het dié kepsie gedra toe hy gesterf het.”

Agter op die kar se sitplek staan ’n toegedraaide geskenk wat Jayden presies 20 minute voor sy dood gekies het: ’n “lorrie”.

Die sesjarige Rayden het verlede Woensdag opgehou asemhaal. Daar is noodbehandeling toegepas en met hom Middelburg Hospitaal toe gejaag, maar hy is kort na sy aankoms dood verklaar.

’n Foto van Rayden Rafferty wat verlede Woensdag oorlede is.

Kristina werk nie en sy het hartseer gesê dat sy vir Jayden ’n Paw Patrol roudiens wil reël, maar dat sy ’n alleen-mamma is en geen inkomste het nie.

Talle mense het haar vriendin, Jackie Sinden, wat help met die roudiensreëlings, gebel om bydraes te lewer.
“Daar is R2 580 inbetaal,” het Jackie gesê.

’n Persoon wat anoniem wil bly, het aangebied om R15 000 vir die roudiens in te betaal, maar hulle het dit nog nie ontvang nie.
Jackie meld dat een besigheid ook 30 Paw Patrol kolwyntjies beloof het vir die roudiens.

Hulle verwag sowat 40 mense by die diens en noem dat hulle nog rondry om te kyk of hulle meer verversings gereël kan kry.
“Dit is die laaste wat ek vir my seuntjie kan doen.”

• Die roudiens is Vrydag om 10:30 uit die Corpus Christi-gemeente.

• Persone wat enige bydraes vir die kostes of blaadjies of verversings wil skenk, kan Jackie bel by 072 042 3132.

Back to top button