News

Oudleerlinge geskok na arrestasie vir moord en verkragting

Oudleerlinge van Steelcrest High School is geskok met die nuus dat een van hulle vriende in Johannesburg gearresteer is vir die sinnelose moord op ’n onderwyseres.

Toe beeldmateriaal van Bafana Makhungela op televisie nuus gewys is, kon sy ou klasmaats nie glo dat die man wat die wêreld aan sy voete gehad het, gearresteer is vir die moord op Kirsten Kluyts nie.

Kirsten was ’n onderwyseres aan Hoërskool Delta Park.

Sy is op 29 Oktober tydens ’n MyRun-byeenkoms by die George Lea Park in Parktown verkrag en vermoor.
Haar naakte liggaam is deur mede-deelnemers in ’n sloot gekry.

Kirsten Kluyts se naakte liggaam is in ’n sloot gevind. FOTO: Facebook.

Makhungela studeer aan die Varsity Kollege waar hy by die studentebehuising gearresteer is, skaars twee kilometer vanwaar die moord plaasgevind het.
Daar is aan die Middelburg Observer bevestig dat Makhungela vier jaar gelede aan Steelcrest gematrikuleer het.

•Die saak teen hom is uitgestel tot ’n latere datum.

•Joernaliste van die koerant het sy pa in Nasaret besoek. Lees in hierdie week se uitgawe wat hulle kommentaar is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button