News

Rayden se spesiale ‘Paw Patrol’ kissie

'n Paw Patrol roudiens word vandag vir Rayden gehou.

Kristina Jansen van Rensburg het haar seuntjie se lyfie vir die laaste keer gewas en beertjies by hom in sy ‘Paw Patrol’ kissie gesit.

Die sesjarige Rayden Rafferty is verlede Woensdag oorlede.

Hy het ernstige nierprobleme gehad en was op die orgaanskenkerslys die afgelope twee jaar.

Rayden het nog gesing, toe hy inmekaar gesak en opgehou asemhaal het. Hy is by die Middelburg Hospitaal dood verklaar.

Kristina en haar vriendin, Jackie Sinden, het gister ure by Roseleigh Begrafnisdienste deurgebring om ‘n laaste keer iets vir hom te kan doen.

Kristina het haar seuntjie gebad, sy Paw Patrol kleertjies vir hom aangetrek en beertjies by hom in sy kissie gesit.

Hulle het ook Paw Patrol prentjies op sy kissie gesit.

Rayden se kis het oral Paw Patrol prentjies op.

Rayden was versot op die Paw Patrol-karakters.

Jackie het vanmiddag dankbaar gesê dat hulle al die fondse ingesamel het om ‘n spesiale roudiens more vir Rayden te kan hou.

“Mense het uit Ierland uit geld oorbetaal en het daar vanoggend nog mense uit Ierland laat weet hulle betaal fondse oor. Hulle het op Facebook die berigte oor Rayden gesien.”

By bykans elke besigheid waar hulle ingegaan het, het almal se harte oopgegaan.

“Rayden het baie mense se harte aangeraak.”

Hulle glo dat hul projek om fondse in te samel vir die roudiens, deur die Here geseën is, “want Rayden was baie lief vir Jesus.”

Jackie het aangedui dat hulle Rayden se naam gaan laat voortleef met ‘n bewusmakingsveldtog oor orgaanskenking.

“Mense moet weet dat as hulle hul organe skenk as hulle sterf, kan hulle klein lyfies soos Rayden se lewe red.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button