News

’n Mooi storie oor rugby en twee oupas

’n Storie van rugby, oupas en kleinseuns wat in hulle voetspore volg.

Dis ’n mooi storie.

’n Storie van twee oupas wat saam vir Middelburg Rugbyklub uitgedraf het, hulle kinders wat later leerlinge was aan Hoërskool Middelburg en hulle kleinkinders wat die naweek in Dubai vir die All Stars gespeel het.

Dit is nie die einde van die storie nie. Die All Stars se afrigter was self op sy dag een van Middelburg se rugbysterre.

Middelburg Rugbyklub se eerste rugbyspan in die sewentigerjare met Izak (Sakkie) Meyer in die tweede ry tweede van links en Schalk Breytenbach vierde van links.

Toe Izak (Sakkie) Meyer en Schalk Breytenbach vir die dorp uitgedraf het in die sewentigerjare het hulle seker nooit kon dink dat hulle kleinseuns eendag in hulle voetspore sou volg nie.

Sakkie was ’n losvoorspeler en Schalk ’n senter wat vanaf 1969 ses wedstryde vir die destydse Suidoos-Transvaal gespeel het.
Hulle kinders El-Mari en Conrad was leerlinge van Hoërskool Middelburg.

Conrad het in sy professionele rugby loopbaan vir Noord-Transvaal op skrumskakel diens gedoen en die Blitsbokke verteenwoordig.
Hy het soos sy pa in 2001 17 wedstryde vir die Pumas (Suidoos) gespeel.

Conrad Breytenbach (regs) in aksie vir die Bok sewes rugbyspan.

Nou, meer as 50 jaar later, het Sakkie en Schalk se kleinseuns saam vir die All Stars in die Dubai uitgedraf.
Valera is soos sy pa en oupa ’n agterspeler en Christiaan is soos oupa Izak ’n agsteman of flank.

Die All Stars is afgerig deur oud Middelburg Rugbyklub vleuel en afrigter, Vickey Mey.

Die span het in die internasionale o/19 toernooi in Dubai gespeel en in hulle eerste wedstryd met 38-12 teen Peregrines gewen.

Schalk Breytenbach het in 1971 vir Suidoos-Transvaal op senter teen die besoekende Poema rugbyspan uitgedraf.

Daarna volg oorwinnings oor Sables met 35-7, North West Barbarains 14-10, gelykop 10 elk teen Rugga School Reds Cats en wen 33-7 teen Pontacq.
In die eindstryd het hulle met 21-14 teen die Cavaliers rugby akademie vasgeval.

Valera Breytenbach, Vickey Mey (Afrigter) en Christiaan Botha.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button