News

Koop ‘n emmer en gee kos vir gesinne oor Kersfees

Deur net 'n ekstra kruideniers-emmer in jou trollie te laai, kan jy hierdie jaar help dat 'n gesin iets het om oor Kersfees te eet.

Mej. Middelburg, Naomi Steenkamp, en Klein Mej. Middelburg, Amy Gwebu, is besig om die kruideniers-emmers bymekaar te maak om ons dorp se minderbevoorregte gesinne by te staan.

Waar ander families tans besig is om tussen al die blink van Kersfees vir geskenke te soek, is daar families wat nie weet wat hulle in die Kersgety gaan eet nie.

Naomi en Amy pleit by die gemeenskap om as deel van hul geskenk-lysies net ‘n emmer kruideniersware by te koop.

Amy Gwebu vra dat mense die projek ondersteun sodat hulle minder gegoede gesinne kan help in die Kersgety.

Hulle wou aanvanklik 50 emmers bymekaar maak, maar hulle noem dat die nood so groot is, dat hulle graag baie meer sal wil kry om met die aanvraag te help.

Die emmers kan aangekoop word by Game, Checkers, Spar en Pick ‘n Pay.

Vir meer inligting oor die projek, bel Naomi by 064 968 5665 en Amy se ma, Yvonne, by 072 404 5122.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button