News

CR-onnies met ambulans na afsluiting

Vier onnies van Laerskool Staatspresident C.R. Swart se na-operasiepyn is vanoggend ligter gemaak toe hulle na die personeel-afsluiting vervoer is in ’n ambulans.

Watco Ambulandsdienste het ingestem om die vier per ambulans na die afsluiting te neem.

Onder groot gelag en allerlei skreeusnaakse opmerkings om die pret te beskryf, is hulle in die ambulans gelaai by Ettienne Janse van Rensburg se huis in Vosstraat.
Vandaar is hulle met loeiende sirenes na die skool, waar die ander personeel hulle ingewag het met ’n erewag.

Ettienne Janse van Rensburg, Natashja van Vuuren, Via Fouché en Wanda Farmer wat almal operasies ondergaan het en wie deur Watco Ambulansdienste opgepik is vir die jaareindfunksie.

• Ettienne het ’n voet-rekonstruksie operasie ondergaan. “Dis maar weens al die jare se sport!” het hy laggend gesê.

• Natashja van Vuuren het ’n knie-vervanging-operasie gehad.

• Via Fouché se elmboog is geopereer. Sy het met haar hond, Shadow, gaan stap en geval, waarna die hond haar ’n ent gesleep het! Albei pype in die elmboog was gebreek!

• Wanda Farmer het ’n rugoperasie gehad.

Ettienne, Natashja, Via en Wanda was almal saam in die ambulans.

Ettienne vertel dat hy en Natashja toevallig op dieselfde dag geopereer is in Pretoria Oos Hospitaal.

“Ons is na die spesialiste toe en het teaterdatums gekry, maar nie geweet dat ons op dieselfde dag geopereer sou word nie. Die oggend van 13 November het ons langs mekaar voor die teaters gewag!”

• Die span van Watco Ambulansdienste word bedank wat die vier na die afsluiting vervoer het.

Wanda wys arms in die lug sy het veilig saam met die ambulans by die afsluiting aangekom.
Die Watco Ambulans net nadat die vier ‘pasiënte’ opgepik is.
@middelburgobserver

Four teachers at CR Swart have had recent surgeries, so the school surprised them with an ambulance at their year-end function #middelburg #funny #ambulance

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button