News

Danie se roudiens Donderdag

Danie Maritz (27), die jongman wat die nag van 15 Novemer in Middelburg vermoor en sy oorskot later in ’n uitgebrande voertuig gekry is, se roudiens is Donderdag.

Die diens word om 11:00 uit die Hervormde Kerk, Oos gemeente (oorkant Spares Wise, voorheen Midas) in eMalahleni gehou.

• Vier persone staan tans tereg op die moord op Danie en sal aanstaande jaar weer in die hof verskyn.
Hulle is Alex Grobler (beskuldigde een), Jan Jordaan (beskuldigde twee), Angie Appelgryn (beskuldigde drie) en Kobus Pretorius (beskuldigde vier).

Grobler en Appelgryn is uit op borg en Jordaan en Pretorius is steeds in aanhouding.

Jordaan se borgaansoek is geweier en Pretorius het sy borgaansoek laat vaar.

Grobler en Appelgryn word aangekla van onder andere regsverydeling en Jordaan en Pretorius vir moord.

• Danie se familie kon laat verlede week eers begin met die reëlings vir ’n roudiens omdat daar gewag is vir die DNS-toetse. Daar is bloed geneem van Danie se pa, Willem om te vergelyk met die verkoolde oorskot van Danie om te bevestig dat dit hy is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button