News

Vullistrok in asblik na botsing

’n Munisipale vullistrok is in die asblik na ’n glipsie vanmore in Aerorand.

Die trok was besig met vullisverwyderingsrondtes toe die bestuurder daarvan vroegmore beheer oor die kompakteerder verloor het.

Die trok het in Hoekbergstraat vanuit Mandela-rylaan gedraai toe die bestuurder beheer verloor het.
Die trok is teen ’n boom vas en het ook ’n nabye huis se hek in sy maai in gery.

Die boom het ook in die slag gebly, terwyl die vullistrok se windskerm langs die boom op die grond beland het.

Gelukkig is niemand beseer nie.

Die munisipaliteit het nog nie op die koerant se versoeke vir kommentaar geareageer nie.

Back to top button