News

Vullistrok in asblik na botsing

’n Munisipale vullistrok is in die asblik na ’n glipsie vanmore in Aerorand.

Die trok was besig met vullisverwyderingsrondtes toe die bestuurder daarvan vroegmore beheer oor die kompakteerder verloor het.

Die trok het in Hoekbergstraat vanuit Mandela-rylaan gedraai toe die bestuurder beheer verloor het.
Die trok is teen ’n boom vas en het ook ’n nabye huis se hek in sy maai in gery.

Die boom het ook in die slag gebly, terwyl die vullistrok se windskerm langs die boom op die grond beland het.

Gelukkig is niemand beseer nie.

Die munisipaliteit het nog nie op die koerant se versoeke vir kommentaar geareageer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button