Trok tref slaggat, ry by kinders se kamer in!
’n Reuse trok het by ’n slaapkamer ingeploeg nadat dit ’n slaggat getref het.
Die trok het vanoggend omstreeks 02:00 vanaf Stoffberg se rigting af in die rigting van Belfast teen ’n afdraende afgery, waar dit oor die spruitbrug kom.
Net na die brug het die trok ’n reuse slaggat, wat die afgelope twee weke gevorm het, getref.
Die trok, wat gelaai was met ’n vol vrag chroom, het buite beheer die veld in geploeg en die eerste huis in Luzanda Magugulastraat getref.

Talle mense en ook die Belfast Nooddienste het hulle na die toneel gehaas, aangesien daar verneem is dat ’n vrou en twee kinders in die kamer gelê en slaap het waar die trok deur die muur is.
Jaap Meyer het op die toneel gestop en daar is vir hom vertel dat die ongeluk al 02:00 gebeur het, maar dat die trokdrywer eers omstreeks 06:00 uit die trok gehaal kon word.

Die vrou en die twee kinders is half onder die trok uitgehaal.
Hulle is met privaat vervoer na die Belfast Hospitaal afgevoer, maar hulle het nie ernstige beserings opgedoen nie.

Die trokdrywer is vir ’n skouerbesering behandel.
• Die trok is steeds op die toneel, aangesien daar gewag word vir die eienaar van die trok om na die toneel te gaan.

• Hierdie is ’n ontwikkelende storie en sodra ons meer inligting het oor hoe dit met die gesin gaan, sal ons nog ’n berig plaas.
@middelburgobserver A truck hit a pothole and flew into a house in Belfast at 02:00 this morning. The Children who were fast asleep at the home were taken to the hospital. The pothole in the begining is what caused the crash, the truck in the begining is not the truck that crashed #accident #truck #trucks #belfast
