News

Wat ’n waterval gesig na die baie reën!

Die waterval tussen Emgwenya (Waterval Boven) en Waterval Onder bruis in duisende liters water na onder na die geweldige reën wat in die omgewing geval het tussen Vrydag en Saterdag.

Amanda Botha het vroeër vanoggend foto’s en ’n video gestuur van die Elandsrivier wat sy vanaf haar huis in Brugerstraat in Emgwenya geneem het.

Hennie Fourie het oor die naweek ’n draai gaan maak by die waterval en vanaf die ou Zasmtonnel die waterval afgeneem wat ook ’n siedende massa is, omdat die Elandsrivier vol in vloed is.

• Hy het sy foto’s en video beskikbaar gestel vir publikasie.

@middelburgobserver

Waterfall at Elands River, between Emgwenya and Waterval Onder. Taken from the old Zasm Tunnel #waterfall #water #heavyrain

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button