News

Bekende omroeper skielik oorlede

Die bekende Radio Kragbron omroeper, Johan Pienaar (50), is onverwags oorlede.

Sy roudiens is more (Woensdag, 20 Desember) om 11:00 uit die AGS Oasis gemeente, in Buffelstraat, Reynorif, eMalahleni.

Dr. Willem du Toit, stasiebestuurder van Kragbron, sê Johan is op 9 Desember oorlede.
Daar word verneem dat hy by sy huis in Middelburg aan natuurlike oorsake dood is.

Dr. Du Toit het gemeld dat Johan aan en af siek was en dat hy ’n paar dae voor sy dood gereël het dat hy huis toe geneem word. Hy weet egter nie wat hom so siek gemaak het nie.

Johan was vir 12 jaar verbonde aan Radio Kragbron waar hy die Ontbytprogram aangebied het.

Dr. Du Toit het hom beskryf as “’n goeie omroeper en uitstekende bemarker wat mense baie professioneel hanteer het.”

Johan word oorleef deur sy ouers, Hennie en Santie en twee susters.

 
Back to top button