Honderde lekkergoedpakkies vir Groter Middelburg kinders
Bykans elke kind in Middelburg word van gister af met lekkergoedpakkies bederf!
Mariaan Jacobs (Middelburg Car Radio & Air Conditioning – MCR) sê hul Kersfees welwillendheidsdryf is begin deur die Lioness organisasie en MCR.
Talle besighede het ingekoop by die projek en is daar die afgelope paar weke letterlik honderde pakkies lekkergoed opgemaak om aan ons dorp se kinders uit te deel.
Gisteraand het hulle met trokke en voertuie deur Kanonkop, Dennesig, Eastdene, Sentraal, die area by Hope City en in die omgewing van Midwater gery.

Vandag tussen 14:00 en 16:00 sal hulle te sien wees in Nasaret, en vertrek hulle van daar af (na 16:00) na gedeeltes van Sentraal en die Middedorp wat John Magagula, Klip en Rivierstrate insluit.
More (20 Desember) kom die groep weer by MCR byeen om te vertrek na Gholfsig en Clubville, en van daar na Mhluzi.
• Die hooforganiseerders wil graag al die besighede wat ingekoop het in die projek hartlik bedank.
@middelburgobserver The Lioness Organization and Middburg Car Radio initiated a Christmas Drive including the Greater Middelburg. Several businesses sponsored sweets for the drive. #christmas #christmasdrive #charity
