News
Sondag passiespel, kersliedere by NG Dennesig
Die NG Dennesig-gemeente hou eerskomende Sondag sy jaarlikse kerssangdiens.

Alle plaaslike gesinne word na die diens op Oukersoggend genooi.
Die diens sal om 09:00 afskop.
Alle kinders is welkom om aan die diens se passiespel deel te neem.
Hulle sal onder meer herders, wyse manne en ander rolspelers in die geboorte van Jesus, Sy sterfte en Sy opstand, uitbeeld.
Daar sal natuurlik ook lekker kersliedere gesing word.
Die kerk is geleë in CR Swartstraat, Dennesig.
Vir enige navrae kan die kerkkantoor by 013 245 3160 geskakel word.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.