Verslaafdes spuit hulself voor negejariges
Drie verslaafdes het hulself vanoggend voor twee negejarige seuntjies gespuit en toe ’n volwassene hulle vra om te loop, het een op hom afgestorm met ’n mes.
Die gebeure het pas plaasgevind op die hoek van Cowen Ntuli- en Jeppestraat.
Mnr. Mike Kotze (pensioenaris) sê hy was by ’n besigheid in die omgewing toe twee seuntjies spierwit geskrik daar aangehardloop kom.
Die seuns het verby die drie mans geloop, wat besig was om hulle oop en bloot voor almal te sit en spuit.
’n Sakeman het na die drie verslaafdes toe geloop en vir hulle gevra om op ’n ander plek te gaan sit, waarop een van die verslaafdes op hom afgestorm het met ’n mes.
“Daardie drie mans sit elke dag daar en spuit en los hul naalde en ander gemors net daar! Dink wat kan gebeur as ’n kind die naalde optel of iemand daarin trap!” het ’n omgekrapte mnr. Kotze gesê.
• Met die joernaliste se aankoms by die perseel, het die mans hulle nie gesteur aan die joernaliste nie en het die een heel regs (op foto) voortgegaan om homself te spuit.
• Verslaafdes wat hulself oop en bloot sit en spuit, is ’n algemene probleem in Middelburg.
Twee weke gelede het verslaafdes langs die ingang van die Middelburg Stasie gesit en spuit en het Johan Janse van Rensburg (wat in beheer is by die stasie) op noodgroepe vir hulp gevra.
Hy het die mans gekonfronteer wat hulle gesit en spuit het, waaorp hulle doodluiters net hul naalde neergesmyt en weg geloop het.
•Geduremde die week het ’n jong verslaafde oop en bloot voor kinders ’n naald in sy arm gedruk in die parkie langs die Tosca Sentrum.
@middelburgobserver Drug users were said to be harassing residents, threatening to stab one man with a knife. Here they can be seen in the aftermath of the escalation. #addicts #crime #crimesouthafrica #middelburg
