News

Nuusmakers vir Maart in fokus

Die gemeenskap het in Maartmaand swaar afskeid geneem van die dorp se Datsun-man Rassie Botha, wat skielik oorlede is na hy erge maagpyn ontwikkel het.

Rassie se jarelange stryd met dwelms het eindelaaste sy tol geëis.

Rassie en sy vrou Janetta was Middelburg se bekendste swerwerspaar, wat lank in hul Datsun Stanza, wat selfs met ’n kragopwekker en tent toegerus was, gewoon het.

Die paartjie is kort voor Middelburg se Dorp van die Jaar feesvieringe by die stadion verwyder, en die Datsun geskut, waarna hulle op straat beland het voordat die voormalige liggaamsbouer Broer Gunter hulle blyplek by sy gimnasium in Springbokstraat aangebied het, waar hulle tot en met Rassie se afsterwe in vrede gewoon het.

Die paartjie is gereeld in die strate met hul twee honde gesien.

• Middelburg Observer het ook gedurende Maart vanjaar berig oor twee beweerde dwelmbase wat met meer as R85 miljoen se MDMA-pille by die Middelburg Tolhek betrap is, maar nie verder vervolg sou word nie, weens die feit dat die parlement nie die dwelmmiddel as onwettig verklaar het nie.

Die destydse minister van gesondheid het wel MDMA as verbode middel verklaar, maar weens die feit dat dit nie deur die parlement bekragtig is nie, is daar bevind dat Gregory Ayres en Valeri Lazanov Nikolov nie in besit van verbode middels tydens hul arrestasie was nie.

Beide mans het hul vervolging op klagtes van dwelmbesit en handel teëgestaan op grond van die parlementêre oorsigsfout.

Sowat 600 000 Ecstacy-pille is tydens die klopjag in 2014 gevind.

• Die dorp was ook geskud deur die koerant se onthulling van ’n moordklag teen Dawie Nel wat vir die Pumas uitgedraf het, en in Desember 2020 gearresteer is weens die beweerde verwurging van ’n Taiwanese vrou in sy Pretoria-huis.

Nel se broer het na die onthulling vertel dat Nel langs die liggaam van die transseksuele Taiwanese vrou in sy bed wakker geword het.

Die beweerde gesellin, wat ’n geslagsverandering van man na vrou ondergaan het, is na bewering gedurende ’n dwelm-orgie verwurg.

Nel se verhoor duur tans in die Pretoria Hooggeregshof voort.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button