News

Nuus in April laat lag en ril

April het sleg begin vir belastingbetalers met die raad wat die eerste geluide gemaak het van ’n skrikwekkende verhoging vir kragverbruik.

Die raad was op die stadium effens in die pekel omdat daar net twee maande tyd was om die verhogings goed te keur, met raadslede wat volgehou het dat die verhogings op hul wykskomiteevergaderings bespreek is.

Die verhoging van 15% op kragverbruik is goedgekeur ten spyte van opebare teenkanting, met die verhoging wat op 1 Julie vanjaar inwerking getree het.

Inwoners was tereg kwaad omdat sulke belaglike verhoging goedgekeur is na maande van sporadiese stakings deur munisipale werkers wat nie net hul volle slarisse ontvang het nie, maar ook vlak 5 salarisverhogings wat ook in April op die raadsagenda was.

• Eskom se voormalige bedryfshoof Jan Oberholzer besoek die plaaslike Kamer van Koophandel en Nywerheid, en lewer ’n insiggewende praatjie oor Eskom se agteruitgang, met skokontdekkings wat steeds blootgelê word, onder meer dat Eskom duisende betaal het vir ’n mop.

Oberholzer was egter te vinde vir die Kamer en sy lede se voorstel dat Hendrina Kragstasie, wat binne die volgende twee jaar soos Komati buite werking gestel sal word, aan Middelburg geskenk word.

Die plan is om die kragstasie te omskakel in ’n opleidingsentrum en hewinbare kragopwekker, sodat beurtkrag in Middelburg onder selfbeheer geplaas kan word.
Die raad het intussen self-skakeling tydens beurtkrag goedgekeur met die installasie van ’n R15 miljoen selfskakel-eenheid wat nog in werking moet tree.

Oberholzer het erken dat alternatiewe kragopwekking, soos gas en kernkrag, die toekomspad van Eskom is, maar dat steenkool nie uitgeskakel sal word in die nabye toekoms nie, weens die omgewing se ryke steenkoolreserwes.

• In Maart het die voortslepende ponzi-verhoor van Marlene Lewarne, haar man Clive, ook skielik ’n cul-de-sac bereik nadat beide ’n maand uit mekaar selfmoord gepleeg het.

Die Lewarens was daarvan beskuldig dat hulle miljoene uit slagoffers, selfs bejaardes se hele pensioenfondse, geswendel het met beloftes van mynkontrakte waarin hulle sou belê.
Clive Lewarne het homself in Maart buite Kriel gehang, waarna Marlene in April dood is weens ’n oordosis wat self toegedien is.

Die Lewarnes het ’n miljoenêrslewe gelei met die opbrengste uit die ponzi-skema, terwyl van hul slagoffers hul huise en voertuie verloor het.

Die paartjie was tot hul dood toe woonagtig in Secunda nadat hulle sak en pak uit die dorp getrek het weens die skandaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button