News
Skok na skielike afsterwe van tennisafrigter
Die sportgemeenskap is in rou gedompel na die skielike afsterwe van Charl Basson.
Charl was sekerlik Middelburg se bekendste tennisafrigter en het vir baie jare ‘n tennis akademie bedryf.
Hy het self nog as veteraan mededingend tennis gespeel.
HTS Middelburg se tennis spanne het onder sy leiding groot hoogtes bereik.
As lid van Middelburg Buiteklub het hy gereeld aan die klub se gholf kompetisies deelgeneem en was ‘n gewilde.gholfmaat.
Die klub het sy afsterwe vanoggend bekend gemaak en meegevoel met sy naasbestaandes getuig.
Die oorsaak van sy dood is nie bekend gemaak nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
