News

Sanger se kanker is terug

Die gewilde sanger, Ruan Josh du Plessis, tree Vrydagaand by Eagle Inn in die plek van Pieter Naudé op.

Al die toegangsgelde van R150 per persoon, sal geskenk word vir die sanger, Pieter Naudé, se kankerfonds.

Pieter is al twee keer met kankergewasse op die brein gediagnoseer en in Oktober verlede jaar het die gesin uitgevind dat die kanker terug is.
Dit is egter nou meer aggressief as tevore en Pieter kry tans chemobehandeling en bestraling.

• Ruan is die sangeres, Juanita du Plessis se seun en Pieter is Juanita se broer.

• Regina Dercksen (van Eagle Inn) doen ’n beroep op die gemeenskap om die Naudé-gesin in hierdie tyd te ondersteun deur middel van gebede en bydraes.

“As jy nie die konsert kan bywoon nie, is jy welkom om ’n bydrae in ’n koevertjie te sit met ’n beterskap-briefie daarby, wat vir hom gestuur sal word.”

Die koevertjies kan Vrydag afgegee word enige tyd van 12:00 af.

Persone wat die projek wil ondersteun, kan Regina bel by 082 403 0144.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button