News

Ouma sterf op pad na skoonseun se roudiens

Charl Basson, die bekende tennisafrigter, wat die vorige week oorlede is, se bejaarde skoonma het op pad na sy roudiens in eMalahleni kort na ’n motorongeluk gesterf.

Francis van Loggerenberg (80), was Sondag in die ongeluk.

“Ons het nie geweet my ouma gaan deurkom nie, want sy was in die hospitaal,” het Xander, Charl en Azelle se seun, vanoggend gesê.

Sy ouma was Sondagoggend nog in die hospitaal in Richardsbaai, waarna sy huis toe is om te pak en het die pad van Richardsbaai af aangedurf vir die roudiens.
Naby Piet Retief was sy in ’n motorongeluk betrokke en het dieselfde dag in die hospitaal gesterf.

Haar afsterwe was vir die familie ’n groot skok en Xander het aangedui dat hulle vandag met die begrafnisreëlings sal begin.

Hy het sy ouma beskryf as ’n liefdevolle mens wat altyd uitgereik het na haar familie toe.

Me. Van Loggerenberg word oorleef deur haar dogters, Azelle Basson en Hildegard Erasmus en seun, Deon van Loggerenberg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button