News
Geveerde ‘maatjie’ word Koedoekop
Laerskool Middelburg het nie net Koedoekopmaatjies Woensdagoggend verwelkom nie, maar ’n geveerde vriendjie het ook op die skoolterrein rondgedwaal.
’n Middelburg Observer joernalis het agter hom aangedraf om te hoor in watter klas hy is.
Hy het egter net een kyk in haar rigting gegee, gekraai dat hy te veel sukkel om die vetkryte vas te hou en koers gekies speelgronde toe.
Volgens hom is die graad een’s van die skool baie slimmer as hy en dat hy net één vak geniet en dit is pouse, wanneer hy die toebroodjiekrummels saam met hulle kan geniet!
@middelburgobserver Laerskool Middelburg het ‘n baie interessante graad een “maatjie” by die skool. Ons verneem sy naam is KFC! #firstdayofschool #chicken
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.