News
Koedoekoppies lui hul graad een jaar in
Koedoekopland se presteerders van die toekoms, het vanoggend hul eerste treëtjies van diep spore wat nog getrap moet word, gegee.

Laerskool Middelburg se tradisionele kloklui-seremonie kon vanoggend weer ver gehoor word toe talle graad eentjies hul eerste dag ingelui en deur die hekkie gestap het.
Vir party van hulle was die oomblik baie groot en het mammas, pappas en selfs juffrouens hier en daar ’n traantjie afgevee.
Die traantjies het egter in blinkoog glimlaggies verander toe hulle sien hoe lekker dit eintlik in die ‘groot skool’ is!















At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.