News

Klas van 2023: HTS spog met 98.7% slaagsyfer, sakke vol onderskeidings

HTS Middelburg se hoof, mnr. Hoppie van Jaarsveld, het vanoggend met die bekendstelling van die matriek-uitslae van die Klas van 2023 sy tevredenheid uitgespreek oor die groep se prestasies.

Hordes kinders het net-net onderskeidings gemis met 79% wat eindelaaste behaal is in sekere vakke.

Dié leerlinge het almal aangedui dat hulle die vakke sal laat oormerk, wat die skool se onderskeidingstal beslis sal opstoot.

Slimkop Marnus Vorster was die skool se top presteerder met sewe onderskeidings insluitende ’n 99% punt vir gevorderde program wiskunde, wat hom sy agtste IEB onderskeiding in die sak gebring het.

Nog ’n presteerder van die skool Heindrich Strõhmenger spog met ses onderskeidings en ’n punt van 79% vir fisiese wetenskap, wat hy sal laat oormerk.

Uit HTS se 155 kandidate het 128 hul matriek met universiteisvrystelling geslaag.

Twee leerlinge het dit egter nie gemaak nie wat die skool se slaagsyfer op 98.7% te staan bring.

Beide die skool se hoofseun en hoofdogter van 2023, Morné Botha en Fabiola Zaca, het elk vyf onderskeidings ingepalm, maar sal ook van hul antwoordstelle laat hersien.

Die skool se onderskeidingstal lyk so:

Sewe onderskeidings – Marnus Vorster

Ses onderskeidings – vyf leerlinge

Vyf onderskeidings – nege leerlinge

Vier onderskeidings – vier leerlinge

Drie onderskeidings – drie leerlinge

Twee onderskeidings – dertien leerlinge

Een onderskeiding – ses-en-dertig

• Al die leerlinge wie se foto’s in die berig verskyn se onderskeidingstal word in hakies langs hul name aangedui.

Mari Laubser (6).
Anke Vogel (5).
Reinhardt Jacobs (6) en Estiaan van Coller (5).
Ma Bianca Conradie by seun Christiaan (1).
HTS se “wonderwerke” wat eerder boer as leer Benjamin Jacobs, Wilhelm Pohl en Jannie Potgieter.
Annine Maree (1) en Antuané Griezel (2).
Hoofseun Morné Botha (5).
Simoné Knoesen.
Heindrich Strõhmenger (6).
Marnus Vorster (7) en sy trotse ma Annamarie Koekemoer.

Back to top button