Trok wat gekaap is gevind, sleepwaens nog soek
'n Trok wat gekaap is, is met die hulp van Traffic Alert teruggekry.
‘n Volvo trok wat vanoggend in die vroeë oggendure gekaap is, is met die hulp van Traffic Alert kort na 14:00 tussen Laersdrif en Roossenekal gevind.
Volgens Louwtjie Swart (van Van Wettens Insleepdienste, asook Traffic Alert) het die eienaar van die trok hulle gevra vir hulp nadat die trok gekaap is.
Dit blyk dat die trok tussen Bronkhorstspruit en Groblersdal gekaap is.
Louwtjie het dit dadelik op hul Traffic Alert groep versprei en is die trok vanmiddag verlate langs die pad gekry.
Die twee sleepwaens is egter weg.
Paneelbordfoto’s wat van die kameras in die trok afgetrek is, wys duidelik die twee verdagtes.
Op die foto’s kan in die agtergrond ook gesien word dat die drywer van die trok vasgemaak is en gedwing is om agter die sitplekke te lê.
Daar is aanvanklik gesê dat daar na die drywer gesoek word, maar hy is gevind en is polisiestasie toe geneem om ‘n verklaring af te lê
Die eienaar van die trok, Stephan de Villiers, vra dat indien enige persoon die twee sleepwaens op die meegaande foto iewers opmerk, om hom te bel by 072 923 9281.
*Persone wat wil deel word van die Traffic Alert groep, kan Louwtjie bel of vir hom ‘n WhatsApp stuur by 078 400 9517.