News

Bittereinder glo platgeduik, geskop buite hof

Die Bittereinder, Francois van der Merwe, wat oomblikke gelede deur minstens tien polisiemanne op die grond neer gegooi, en na bewering geskop is, is steeds in aanhouding.

Bittereinder lede is tans met ’n Limpopo polisie generaal in gesprek om Van der Merwe se vrylating te bewerkstellig.

Die generaal het glo belowe om Van der Merwe by ’n Sasol vulstasie vry te laat, maar ander polisielede weier om gehoor hieraan te gee.

Hy sal na verwagting op ernstige klagtes in aanhouding bly, wat deur polisiemanne wat betrokke was by sy arrestasie, intussen aanhangig gemaak is.
Indien die sake voortgaan sal Van der Merwe in aanhouding bly tot borgtog toegestaan word.

Volgens getuies is Van der Merwe geteiken toe hy die afgesperde gebied, waar toestemming vir protesaksie deur boere uit die gemeenskap verkry is, verlaat het.

Intussen word daar nog op die verskyning van Piet Geoenwald en sy seun Stephan Greeff in die streekhof op Groblersdal gewag.

Die pa en seun het nuwe regsverteenwoordigers aangestel wat tans besig is om verklarings by hulle te neem.
Minstens twee ure sal hiervoor benodig word.

Beide word van poging tot moord aangekla na ’n beweerde aanranding en honde-aanval op een van hul werkers verlede week buite Groblersdal op mnr. Groenewald se plaas.

@middelburgobserver

Bittereinders lid glo deur polisie geskop tydens arrestasie. #Groblersdal #WIPS #Bittereinders

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button