News

Klipstraat lapa vat vlam

’n Lapa het ’n rukkie gelede onverklaarbaar aan die brand geraak in Klipstraat.

Gelukkig was die brandweer vinnig op die toneel en die brand is geblus voordat groot skade aangerig kon word.

Die grasdak smeul nog en derhalwe word die dekgras nou uitgegrawe om te voorkom dat die dak weer vlamvat.
Danksy die brandweer is geen strukturele skade aangerig by die toegeboude lapa nie.

FOTO: Gerhard Rheeder.

Bure het vinnig alarm gemaak toe hulle die rookbolle in die buurerf gewaar het.

Die brand is moontlik deur ’n elektriese kortsluiting veroorsaak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button