VIDEOS: Bakkies, taxis speel blok-jou-hier-blok-jou-daar
Taxis is besig om van die paaie te versper om volgens boere hulle protesaksie in die wiele te ry.

Boere van Limpopo is besig om hul weg na die Groblersdal Landdroshof te maak waar mnre. Piet Groenewald en sy seun Stephan Greeff binnekort elk op ’n poging tot moord klag sal verskyn, met ’n formele borgaansoek vir beide wat vandag aangehoor sal word.
Hulle is sedert verlede Donderdag in aanhouding nadat hulle op mnr. Groenewald se plaas buite Groblersdal gearresteer is vir die beweerde aanranding en honde-aanval op mnr. Veneruru Kavari, ’n veiligheidswag wat deur mnr. Groeneweld by sy sekuritietsmaatskappy Wildlife Investigation and Protection Services aangestel is.
Kavari was glo net vyf dae in hul diens, nadat hy aangestel is om ’n selfoontoring op die plaas op te pas.
Die konfrontasie het ontstaan nadat hy na bewering na die WIPS-kantoor op die plaas geneem is, waar mnr. Groenewald hom na bewering met ’n harde voorwerp oor die kop geslaan het.
Kort na die eerste konfrontasie het mnr. Greeff glo een van die plaas se veiligheidshonde op Kavari losgelaat.
Honderde boere van die provinsie het intussen opgeruk na die hof nadat toestemming vir ’n vreedsame protes buite die hof verkry is.
Van die groepe se paaie is egter deur taxis versper, wat volgens boere sedert gister onwettiglik beplan het om hul vreedsame protes met padblokkades in die wiele te ry.
Groenewald en Greeff se borgaansoek is Vrydag met hul eerste verskyning van die hand gewys nadat beheeraansklaers besluit het om die aanranding met opset klag teen hulle, na poging tot moord toe op te gradeer.
Volgens WIPS kollegas van die aangeklaagdes, het Kavari na bewering met ’n panga op die plaas opgedaag voordat die hond losgelaat is.
Hy is juis na die kantoor deur Greeff gebring nadat kollegas van hom ook beweer het dat hy hulle met ’n panga by die selfoontoring gedreig het.
Naas die omgewing se boere het die Bitterienders en Steve Hofmeyr se seun Devon, ook aangedui dat hulle by die hof saam met die boeregemeenskap sal betoog.
@middelburgobserver Boere rondom Groblersdal is besig om na die hof op te ruk. #Groblersdal #WIPS Groenewald-saak